*Bark* *Bark* *Bark*

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
May 20, 2012
Messages
2
Reaction score
0
Location
Bloemfontein
Bike
Vespa (all models)
Hallo aan al die groot honde

Ek is so 10 jaar gelede uitgeklim uit die motorfietsgemeenskap en 'n besigheid begin en nou dat al die harde werk darem na 'n punt toe kom weer tyd gemaak vir myself.

Ek kom uit 'n era van baie ou motorfietse.  Geen ABC ECU WRC of ENS nie.  Al die die afkortings klink na toordery.  In my dae was ons gelukkig as die ding se brieke werk en nog meer, as die ding start sonder dat die "back compression" jou 'n ledemaat kos en al die parte aan die fiets bly gedurende die trip. 

Nou is dit tyd vir die nuwe generasie fietse met knoppies, klokkies en fluitjies. 

Julle forum lyk baie netjies en die "comments" wat ek sover gelees het onder die verskeie onderwerpe is insiggewend.

Groete

Die Straat Brak.
 
Top