Beginners oorslaaprit na Oasis

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Hi, ek beplan om volgende Saterdag 29 Januarie 2011 'n paar beginners op hulle eerste oorslaap rit te neem. Dit is ook oop vir enige ander vriende wat wil saam gaan. Ons sal die oggend 08:00 vanaf die Engen One Stop garage net buite Joostenbergvlakte op die N1 vertrek.Die roete is oor die Du Toitskloofpas, Slanghoek, Mitchellspas, Ceres, Theronsbergpas, deur poort tot in Tankwa karoo, Skitterykloof, Katbakkies en dan reguit Oasis toe in die agter Sederberge. Die afstand is ongeveer 280 km. Sondag 30 Januarie 2011 ry die beginners reguit terug oor Op- die- Berg na Ceres en dan huis toe. Meer ervare ryers kan dan Algeria of self Wuppertal om ry as hulle lus is. Ons gaan almal kamp, maar daar is ook alternatiewe akkomodasie beskikbaar. Laat weet as julle belangstel sodat ek verdere reëlings kan tref en ook meer inligting kan deurgee. Alle grootte fietse is aanvaarbaar. Ronin gaan vir my help met die algemene beheer maar ek sal bly wees as iemand dalk met 'n bakkie kan deur ry vir ondersteuning.
Groete
 
Top