CANOLA RUN OP CALEDON 13 SEPTEMBER 2014

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tienie

Race Dog
Joined
Apr 15, 2008
Messages
1,067
Reaction score
1
Location
Caledon
Bike
KTM 990 Adventure
Dis weer tyd vir die jaarlikse Caledon Canola Run!  Wees verseker dat vanjaar se Run (dit gaan die sewende een wees), beter en lekkerder as al die voriges gaan wees.

Ons hou die resep van die verlede dieselfde, naamlik dat die roete "pillion friendly" sal wees, daar langs die pad 'n paar koue "versnapperings" te koop sal wees, daar weer 'n "expression session" sal wees waar die experts ons sal wys hoe 'n mens nou eintlik moet wheelie, en 'n heerlike middagete wat by die inskrywingsgeld ingesluit sal wees. Die roete gaan weer wees op plaaspaaie wat op privaat eiendom is, so ons waarborg jou 'n unieke ervaring!

Onthou dat die inkomste uit die event, soos in die verlede, vir 'n goeie doel aangewend sal word. Die volle opbrengs van die dag gaan weer aan behoewende mense geskenk word.

Die inskrywingsgeld en ander reëlings volg binnekort. Teken solank die datum aan.

Vir enige navrae, email my by [email protected]

 
Top