CRF 1100 dct stuck in 6th gear

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Andre01

Pack Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
224
Reaction score
49
Location
Malmesbury
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Gister ry ek tussen Malmesbury en Stellenbosch. 120kmph op speed control. Voor my is n stadige karretjie. Ek draai die fiets se oor. Smooth. Om verby die kar te gaan. Teen 130kmph vrek die fiets skielik. En ek cruise in 6de rat tot stilstand.

Nou staan ek langs die pad. Die fiets wil nie uit sesde uit nie. Aan , af, N switch. Niks help. Gelukkig het ek selfoon sein. Google help my. Stoot fiets agteruit en switch hom aan nou switch die fiets terug na N terwyl hy agteruit gestoot word.

Klim op, ry aan. 10min langs die pad spandeer.

Ek het probeer, kon nie weer die probleem replicate nie.

Wat kan dit wees?

Fiets gaan volgens week vir 12000km diens by Honda. Hulle moet maar loer.
 
Top