Iemand lus Vorstershoop toe ry. 29/30 Aug ?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,267
Reaction score
717
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Ouens ek is nog afsiek met my bors maar glo nog n paar weke en ek is reg.
Wil graag hoor of daar ouens is wat sal belangstel om saam te hardloop Vorstershoop ,Molopo natuur reservaat toe en volgende dag terug. So middle September of datum wat julle meer sal pas.
Net paar dinge oor die ride:-
Daar is hier en daar  sand
Dit is nie n ride wat ons kan stop vir lunch of sommer kort kort vir n sigaret nie. n Redelike pas is nodig
niks mal jaag nie maar min stop en baie ry. Ons beplan 630km  vir die dag so nie vir ouens wat rustig die
scenery  wil ry en kyk nie. Ouens wat lief is vir ry.
Daar is niks luxuries by Molopo reservaat nie intendeel was die plek bietjie verwaarloos maar die plek het sy eie charm. Wat ons wil eet sal maar op Vorstershoop moet gekoop raak. So 15km vanaf kampplek.
Ek het voorheen ook so n paar ouens soontoe saamgevat maar die manne het nie die tyd en afstand in gedagte gehou nie en moes ons maar stop en oornag op Bray by Tapama lodge. Een van ons groep wat met tyre probleme sy ride moes beiendig (so het ons gedink ) het egter alleen aangehou en dit gemaak tot by Molopo. (Myrtle) So ons wil nie weer so n fokoppie oorkom nie.
Dit is vanselfsprekend net vir ouens wat selfstandig kan adventure biking doen. Dws jy weet ons ry nie
n "procession' tipe ride nie. Niemand wat vir jou gate in die pad uitwys of waar die volgende afdraai is ens.
Elkeen self verantwoordelik vir sy eie navigasie, sy bike en homself. Die voorste ouens sal nie vir die groep wegry nie maar ons sal ver uitmekaar gespasieer wees vanwee die stof.
Lieflike trip wat ek al n paar keer gedoen het en die paar wat al saamgegaan het , het dit geniet. Regtig lekker deel van die land om te ry.
 

Attachments

  • Sept.jpg
    Sept.jpg
    242 KB · Views: 440
Top