FIXER
Pack Dog
Klompie bruikbare onderdele van ander soortgelyke fiets, en nuwes, saam met die koop. Hierdie een in werklik baie goeie toestand met waarskynlik slegs die 3900 myle gery. Vorige eienaar het hom buite oorgeverf maar binne nog die oorspronklike kleur en geen roes nie. Bande basies nuut. 'n Jaar terug deur die toets gesit na ek ligte skakelaar en toeter herstel het. Remskoene nog uitstekend en nuwe remkabel voor ingesit. Vliegwiel vervang met die regte Ducatti een en nuwe punte is by die ekstra onderdele. Volledig gediens met nuwe vergasser rubber en lugfilter.
Meganies perfek dus maar ek sien nie meer kans vir die laaste stap om dit oor te verf in sy oorspronklike kleur nie en ek kry nie meer my sit op die oulike dingetjie nie!
Meganies perfek dus maar ek sien nie meer kans vir die laaste stap om dit oor te verf in sy oorspronklike kleur nie en ek kry nie meer my sit op die oulike dingetjie nie!