Merino Bikers gathering Victoria West

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

BMWPE

Race Dog
Joined
May 21, 2007
Messages
4,324
Reaction score
6
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1200GS
Owing to the fact that BMW Motorrad have kinda reneged on the deal to hold the Annual Gathering in Vic West for three years (largely due to some Gautengaleng Gatties moaning!!), the Vic West community is (admirably) not simply lying down and whimperingâ?¦ they are trying to arrange a replacement gathering over the weekend of 25-27 April.

They stress that it is not a typical rally as such but more of a gathering with rides arranged for the day and fun and parties arranged for the evenings.

If there are any members keen to ride up and participate the details are below.

Only R150 entry and I'm sure that excludes accommodation!!


If one calls the Merino Restaurant (053-6210730); Hendri (0798760671) or Chanel (0837110128) I'm sure all details will be available and accommodation can be sorted out.

 

MERINO RESTAURANT <[email protected]> wrote:

Date: Fri, 29 Feb 2008 09:50:41 +0200

From: "MERINO RESTAURANT" <[email protected]>

Subject: MERINO MOTORFIETS BYEENKOMS



AANDAG Alle Motorfietsvriende!

Die BMW-Rally (Annual Gathering) op Vic-Wes vind nie meer hier plaas nie weens verskeie redes. Die Merino Restaurant Victoria-Wes gaan nou 'n motorfiets saamtrek reel, dit is oop vir enige soort motorfiets. Dit sal plaas vind 25, 26,27 APRIL 2008.



Daar is reeds baie belangstelling, die fone hou nie op met lui nie. Almal skakel om te vra of die rally nog op victoria wes plaasvind.Daarom het ons besluit om aan te gaan met 'n byeenkoms op victoria-wes. Ons wat die wereld ken gaan self die roetes uitle.



Ons dink aan die volgende:

* Scramblers, Padfietse, Dubbeldoelfietse, Quadbikes welkom.

* Verskillende roetes vir elke soort plus gids.

* "Fun op die Pan" by Vosburg.

* Groen, rooi en blou roetes. (verskillende moeilikheids grade)

* Verversings op elke roete.

* "Sundowner" op Victoria-Wes berg.

* Ry die ou Poskoetsroete.

* Bymekaarkom saans by die Merino Restaurant en Workshop.



Hierdie is nie 'n "Rally" soos ons dit ken nie. Dit is'n bymekaarkoms van motorfietsentoesiaste wat bedags wil ry en sy motorfiets geniet. Bedags vat ons pad saam met gidse wat die paaie ken en saans hou ons makietie en bespreek die dag se gebeure . So maak ons almal weer nuwe vriende in die Karoo.Met almal se idees kan dit 'n groot jaarlikse instelling word.



Verblyf: Gastehuise, Hotel, Kampeerplek, Skoolkoshuis, Privaatverblyf is beskikbaar, Kontak ons.



Veiling Saterdagaand van biltong, droewors, wyne, vleis ens. Opbrengs sal tussen verskeie welsynsorganisasies verdeel word.

Ons by die Merino Restaurant plus helpers wat ons gaan help wil die naweek 'n sukses maak sodat dit kan groei.

Ons gaan nie donasies vra nie, maar enigeeen kan iets skenk vir die veiling.



Registrasie: Donderdagmiddag12:00 tot Vrydagmiddag 18:00.

R150 p.p. sluit "T-shirt" in, alle roetes, alle musiek en danse en die sundowner op die berg.



Vir verdere navrae, insette en verblyf reelings, kontak ons by:

Merino Restaurant 053-6210730

Hendri0798760671

Chanel 0837110128



Kom kuier vir ons in Victoria-Wes met Karoo gasvryheid op sy beste. Spitbraai, braaivleis, afvalpotte, skaapskenkelpotte, ens. Beskikbaar. Die Merino Restaurant is ookal landwyd bekend vir sy lekker vleisgeregte soos skaapnek, skaapskenkels, steaks, ens.

Ons hoop om julle daar te sien.

Groete

DIE MERINO RESTAURANT

 

 
Top