NoordWes Bash 2011 - Groot Marico - 4/6 November ***UPDATED***

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ZAR

Pack Dog
Joined
Jan 7, 2009
Messages
83
Reaction score
4
Location
Lichtenburg
Bike
Suzuki DL 650 V-Strom
Update op geriewe bl 10

ONSITE ARRANGEMENTS

1. We will have a registration desk on Friday and Saturday. Please register with me or Corrie at KransKuil. We will check you against our list, (paid up or not etc) and you get an enamel mug and Bash sticker. You will also get a registration number which will be used to collect your braai packs and for our lucky draw.

2. Braai packs will be issued Friday and Saturday afternoon from 6:00 at the bar.

3. There will be glass plates, real knives and forks and serviette available for you. The plates, knives and forks are rented so PLEASE return it!

4. Friday there will be: pap & sous, garlic cocktail buns and green salad with dressing.
Saturday there will be: pap & sous, cheese cocktail buns and a pasta salad.

5. Saturday and Sunday morning there will be rusks and coffee or tea. There will be milk and sugar. If you need milk powder or artificial sweeteners bring your own please.

6. Braai's will be available with gas and wood. We will all braai at KransKuil.


Except for personal stuff you need to bring the following:
Snacks
Powder milk for the coffee – we provide real milk
Artificial sweeteners for coffee
Insect repellent
Sun block
Swim gear
Moola for cash bar


We will provide:
Bash Sticker
Coffee/tea and rusks for Saturday and Sunday morning
Cash Bar
Enamel Mug with logo
Food for Friday and Saturday night
Fork & knives
Gas
Gas braai
Glass plates
Plastic chairs
Serviettes
Toilet paper there will be but you can bring some too
Venue
Wood
Wood braai

There will also be boere wors rolls for sale Saterday for those who want a snack.






Die Groot  NoordWes Bash 2011  is om die draai!

Datum: 4-6 November 2011

Laas jaar was dit die Bosvark Bash, die jaar gaan ons voort met die NoordWes Bash.

Plek: TINO ERASMUS GUEST FARM

*** BLINKWATER *** KINGFISHER *** KRANSKUIL ***
Located 15km from Groot Marico on gravel road.
Very beautiful and quiet spot on the banks of the Groot Marico river!
Activities:      
Birdwatching, swimming in river, fishing, hiking trail, mountain biking and rest.
GPS Coordinates : (Hddd format)
S 25.6882  E 26.42862

Ouens die is 'n baie lekker plek TEEN die rivier. Sien fotos!


Tino Erasmus op die kaart is presies by  25°41'22.73"S  26°25'43.90"E soos op google maps. Daar is 'n groot geel bord met sy naam. Draai daar in en volg net die pad en die rooi roete merkers.   :thumleft:  

item.JPG



Wat om te verwag:
Swem in die skoonste drinkbare (yskoue!   ;D ) bergwater.
Daar is groot trekker binnebande waarop ons kan speel en Tino kan ons so 'n ent rivier-op gaan aflaai dan dryf ons lekker af tot by die kamp!
Prystrekkings en 'n paar bike uitdagings deur die dag. (wie kan die stadigste ry ens.)

Ons gaan vir Saterdag 2 roetes aanbied om te ry. Een gaan vir die tawwe ouens wees, lekker bospaadjies en tegnies. Charka reel die een en sal later meer besonderhede plaas.
Dan reel Thys vir ons ander meer gematigdes en die wat nie van val hou nie  :pot: 'n lekker scenic trippie van so 100km+ waar SWAMBO kan saam ry. Thys sal ook later meer hiervan plaas. Beide die roetes gaan ons by 'n plekkie bring waar ons 'n lekker brunch gaan nuttig. Die brunch is vir elk se eie rekening.

Saterdag middag het ons 'n "Bike Challenge". JO GSA gaan dit aanbied. Hier gaan ons kyk wie KAN hulle bikes hanteer.   >:D Dit sal stadige bane behels wat balans en tegniese vaardighede gaan beproef.

Daar gaan baie pryse wees. Ons het reeds meer as 25 pryse vir die Bash waaronder 'n stel Mitas E-08 Bande!   :thumleft:


Kos:

Ons sorg vir Vrydagaand  en Saterdagaand se kos. Daar sal vir Saterdag en Sondag- oggend koffie en beskuit wees. Saterdag eet ons brunch op die outrides en die wat nie saam ry nie moet of self iets saambring of op Groot Marico gaan ietsie kry om te eet. Jy kan my ook PM om te reel vir 'n ekstra braaipak.

Vrydag en Saterdag aand eet ons braai vleis met pap en sous, potbrood en 2 slaaie.
Daar sal braai pakke wees om van te kies (moet vooraf gereel word asb.)
 Dit is ingesluit by die prys!!!

1 Clubsteak, lamtjop en wors
2 T-Bone en wors
3 Club Steak en wors
4 1/2 Hoender en 1 hoender sosatie

Sit die nommer van die braaipakke wat jy kies langs jou naam op die naamlys van die wat kom!


Ys en aanmaak koeldrank sal ons voor sorg. Bring asb jou eie drinkgoed insluitend drank! Groot Marico is darem naby as jy vir Saterdag wil op-top ....... Ons werk tans aan 'n dranklisensie vir die naweek dan hoef niemand hulle bikes te oorlaai nie! :peepwall:

Eetgerei sal voorsien word in die vorm van papier borde en blik bekers. Daar sal ook plastiek messe en vurke wees. Bring jou eie saam as jy nie van papier hou nie!   ;)


Verblyf:
Kampplek vir die tente is daar meer as genoeg. Dan is daar ook vir die wat nie in tente wil oornag nie 'n beperkte aantal enkel en dubbel beddens in drie huise beskikbaar op die bash terein, sien fotos. Laat weet asb wie gaan kamp en wie gaan in "beddens" slaap.

Daar is geen ablusie geriewe buiten die 3 huise en 'n lapa nie. Dus moet die wat in die huise wil tuis gaan bereid wees om die huise te deel met die wat mmmmmm...  wil kom kuier en stort.   ;)  Die wat in die huise gaan bly moet asb hulle eie handoeke bring.



Ons "Hoofkamp" Kranskuil
Hier is 2 dubbelbeddens en 2 enkelbeddens nie meer beskikbaar.  

DSC_0104.jpg


DSC_0113.jpg


DSC_0109.jpg


DSC_0103.jpg



Kingfisher
Hier is 2 dubbelbedens en 2 enkelbeddens nie meer beskikbaar.

DSC_0096.jpg


DSC_0094.jpg


DSC_0092.jpg



Blinkwater
Hier is 1 Dubbelbed en 2 enkelbeddens nie meer beskikbaar.

DSC_0088.jpg


DSC_0090.jpg




Koste vir die Bash per persoon vir die naweek  = R300 vir die wat kamp en R400 vir die wat in huise wil bly. Dit sluit die die 2 braaipakke in.   :thumleft:


Bank besonderhede:

NoordWes Bash
Absa
Spaarrekening
9246982223
Gebruik asb jou forum naam as verwysing.




Besprekings en betaling moet asb VOOR 26 Oktober geskied.


Edit:  Daar is GEEN selfoon opvangs is nie. Jy moet so 5 tot 8 km terug ry Groot Marico toe om te kan sein kry.


UPDATE

Daar is genoeg warm stort/bad geriewe vir die dames maar daar gaan nie genoeg warm water wees vir die gents nie. Sorry, ons het probeer om warmwater mobile storte te kry maar dit gaan vrek duur wees. Die van ons wat nie van koud stort hou nie moet maat TWEE KEER SWEM! Met GROOT dank aan Old No.7 het ons 2 warm storte buite vir die wat nie van swem hou nie!!!!!  :biggrin:





Dan was daar 'n belangrike versoek van Thino (die eienaar van die plaas):   :deal:

ALMAL IS WELKOM MAAR ONTHOU JY IS DAAR OP EIE RISIKO.

Daar is kranse waar ons kan klim en jy KAN afval.

Vir die wat die kiddies saam bring: daar is water so kyk asb na jou kinders. As hulle klein is moet julle onthou dat die stroompies by Kingfisher
en Blinkwater "REDELIK" vlak is en dat hulle onder toesig lekker daarin kan speel (die watervlak wissel so kyk asb self eers!) maar by Kranskuil is dit diep en dit word vinnig diep.

Moet asb nie  by Kranskuil van die krans in die water spring nie, dit is op plekke diep en ander plekke te vlak.

GENIET DIE NAWEEK!


:ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky:
 
Top