Nuwe Lidmaat

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

blinkes

Race Dog
Joined
Aug 29, 2010
Messages
779
Reaction score
1
Bike
Yamaha Super Tenere
More almal

Moet seker 'n slag my bekendstel, is al amper 'n maand op WD. Het toe ook maar Mei-maand besluit om die 4 wiel scooters 'n slag te los na 13 jaar,  en 'n regte scooter aan te skaf. Ry darem al van kleins af met regte scooters, om die waarheid te sê, van 1978 al af. My broer het 'n Honda Dax ST70 gewen in die Radio en TV Dagboek van destyds, weet nie wie die tydskrif  kan onthou nie, toe gee hy die bike vir my pa, nodeloos om te sê, hy het hom maar min gery. Maar laat ons nou nie nostalgies raak op hierdie braaidag nie.
Dis waar alles begin het ...

 
Top