Ooskaap - Kouga Wilderness oorslaap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Swart Baard

Race Dog
Joined
May 16, 2011
Messages
704
Reaction score
0
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1200GS
Ek wil graag die waters toets aangaande een/twee aande oorslaap by Kouga Wilderness. Sien hierdie link:

https://www.kougawildernis.co.za/

Oom Nico Ferreira het so paar jaar gelede nog die Rooibaard Rally aangebied, maar die is sedert verban danksy sommige quad bikes wat te feel stof opjaag tussen appel en lemoen boorde  :patch:

Die plek is na aan my hart en ons gaan gereeld soontoe. Geriewe is tops met baie plek vir kamp en ook chalet eenhede vir die SWAMBO wat dalk wil kla oor rond kruip binne tentjie  :peepwall: Die plaas het heelwat grond paadjies en ook 4x4 roetes vir die wat kan  >:D

Wat dit great maak vir 'n groep is die Boma wat onder dak is en met gemeenskaplikke vuur in middel  :3some:

Die plek raak lekker koud in die winter, so dis goeie idee om jou vleis kombers saam te bring  :biggrin:

Wat dink julle honde van een aand oorslaap so na die einde Julie se kant? As daar genoeg belangstelling getoon word dan begin ons iets official reel. Op die stadium is my gedagtes ons almal ry saam na die plaas via die Opkoms pad net buite Kareedouw tot by die plaas. Elkeen pak sy eie eet en drink goed vir die aand en ons he n' lekker kuiertjie  :ricky:

Wat se die mense  :sip:
 
Top