Naand, ek is al lank op die forum maar het dit slegs gebruik om te browse. Ek soek maatjies in die Pretoria omgewing saam met wie ek nou en dan kan ry? Ek hou nie van te extreme offroad, maar 'n grondpad nou en dan is lekker. Ek ry nou 2 jaar en my kundigheid is 2/5. KTM 990R.