R.I.P.Trip vir Tant Bettie..Swaarshoek,Witmos,Somerset-Oos Dinsdag 9Junie....

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

TWE-TWE

Race Dog
Joined
Jul 2, 2014
Messages
2,556
Reaction score
445
Location
.SOMERSET-EAST
Bike
AJS (all models)
Hierdie sal my derde R.I.P trip wees in die 11maande vandat ek motorfiets begin ry het..……….soos van julle weet het ek oorspronklik begin bike ry ter bewusmaking van kanker en Pienk bome vir Pauline.

My eerste RIP trip was van Zuurberg motel oor die berge tot op die plaas solo, met my familie in n voertuig agter my aan en my tweede trip was 14 Februarie saam met 10 bikers,die meeste van hulle forum-lede,in n sirkelroete van Kommadagga,Riebeeck-Oos,terug Sheldon se kant toe, tot by Middelton..

Ons versorg ons gemeenskap se kankerpasiente (ons noem hulle die” Untouchables”) van warm kos,komberse,pynverligting,wondversorging,petrolgeld,verblyf en vervoer na en van PE regdeur tot geskenkpakkies op spesiale dae……ons raak ook net betrokke in die Untouchables en hul gesinne se lewens op uitnodiging.

Somerset-Oos het ongeveer 80 vrywilligers wat in een of ander hoedanigheid betrokke is in hierdie gemeenskapsprojek ,oor kerk-,kleur -en kultuurgrense….……..groepe wat danse en fondsinsamelings reel,mense wat in September pienk lappe om die bome draai tot by n klein kerngroepie wat deel met die direkte lief en leed in die pasiente se lewens…..ons was laasjaar betrokke by 38 siek mense …

Die motorfietsryery en dames wat saam met my begin ry het,was ook verantwoordelik vir  nasionale bewusmaking d.m.v. Facebook en die WD Forum…

Ons is n paar mense wat volgende Dinsdagoggend 8h00 uit Somerset-Oos vertrek en n sirkelroete van 120km gaan ry in herinnering aan tannie Bettie(R.I.P 1/6/2015) en Yvette(R.I.P 3/6/2015)........... :'(

Van Somerset in rigting Pearston,dan op die grondpad Swagershoek,afdraai by Witmos….laat-ontbyt by Anton en Katrina Nel op Witmos en dan kom ons terug met die Klipfonteinpad Cookhouse om Somerset-Oos toe …..

Almal wat wil,kan of in hierdie area is,kan saam met ons kom ry……middagete is kosteloos !!

1.Twe-twe
2.Dougie Argyle
3.Fiona Brown
4.Lucky One
5.?Hennie Marais
6.?Paul Bowman
7.


 
Top