Hi daar, sal bly wees as iemand my dalk kan help met die probleem. My motorfiets sukkel om te start. Jumpstart ek hom, dan start hy, maar sodra ek die jumpers afhaal , dan vrek hy dadelik. Nou neem ek aan dit is 'n klaar battery, maar ek het nou 2 batterye in 'n kort tydjie vervang. Het n werkende battery ingesit en tester opgesit, terwyl die fiets idle en het gevind dat hy die battery over charge. loop sommer verby die 15 volts. Nou volgens my navorsing is dit die regulator rectifier wat foutief is. Dit is nou die 2de regulator wat dit nou doen. my vraag is, wat kan veroorsaak dat die rectifier aanhoudend oppak?