Skaapkop gilde - Mosselbaai Bonanza!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

stratie

Pack Dog
Joined
Jun 12, 2010
Messages
147
Reaction score
0
Location
Roodepoort Gauteng
Bike
BMW F800GS
Hierdie is nie n ride report nie, alhowel ons rondom die bikes n paar goeters uit die deep-freeze geruk wat nogals lekker afgegaan het....  (en nou verwys ek na die vanilla-gegeurde vodka en sjokolade-tequila wat vir diesulke spesiale kuiers aangewend word)

Hierdie is om te raporteer dat ons (Ek en Swarrie - Alias Berm_Rooster) die skaapkop gilde trots gedoen het om ons hele fam en aangetroudes in 'n kop eet sessie ingepraat het.

Dankie swarrie, ek het nie gedink dat jy die 8 skaapkoppe se bakslag sou kon baasraak nie. Jammer dat ek in jou getwyfel het; Jy's inderdaad 'n Bo-baas skaapkop-koning!  :hello2:

Ons wil graag die 8 skape se benamings ter herinnering hier aanbring: Juliaaaas, Jacob, Sepiwhe, Gladis, Fanie, Susan, Beeeeertie en laaste maar nie die minste nie, Lucy. (4 koppe swart, 4 koppe wit - rammetjies en ooitjies gemeng)  :thumleft:

Buiten dat ek vir 'n wyle in Swarrie se vermoens getwyfel het, het ek ook my bedenkinge gehad wat die smaak aanbetref. Hy't heeltyd gepraat van die vleis wat konsuis na skaapboud smaak, en jou wrintie waar - daar is dit toe pure skaapboud soos ouma van ouds dit gemaak het!! (Effe geil, maar donners lekker!) My gunstelling was ou Jacob se los sawwe tongetjie gewees (seker maar van al die stront praat)... net jammer sy koukie was nie daar iewers onder die tong begrawe nie - 'n man moet darem iets groen ook inkry, of hoe se ek? >:D

Dankie-tog my Swarrie het aan Underberg ook gedink, anders moes ek kots in Jacob se kop.... Dankie tog sy kop was groot genoeg en leeg binne - gelukkig was dit NET-NET nie nodig nie.

Geniet dit, hier volg die foto's.

PS: Heimer, Bermie se ek moet vir jou vra of ons 'n logo'tjie mag kry? By voorbaat dank. :mwink:

PS 2: Ek beveel beide die vanilla-gegeurde Vodka vir voorgereg, en die Underberg vir nagereg aan... MET GOEIE REDE, vertrou my net!!

Straatvark & Bermie
 

Attachments

  • DSC00649.jpg
    DSC00649.jpg
    149.5 KB · Views: 227
  • DSC00650.jpg
    DSC00650.jpg
    204.9 KB · Views: 225
  • DSC00652.jpg
    DSC00652.jpg
    157.4 KB · Views: 220
  • DSC00653.JPG
    DSC00653.JPG
    154.7 KB · Views: 219
  • DSC00656.jpg
    DSC00656.jpg
    157.6 KB · Views: 220
  • DSC00657.jpg
    DSC00657.jpg
    150 KB · Views: 214
  • DSC00648.jpg
    DSC00648.jpg
    168.8 KB · Views: 230
Top