Tyres, Tyres, Tyres.....

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MartyD

Puppy
Joined
Oct 8, 2013
Messages
22
Reaction score
0
Location
Heidelberg
Bike
Yamaha XT660
Raait, die Anakee 2 bande op my XTR is baie nice op die teer en glad nie te sleg op die grond nie, maar jislaaik hulle hou nie van modder nie. Na al die reen wat ons hier in Gauteng gekry het, en lyk my ons gaan nog meer kry, dink ek dis bietjie tyd om ne meer aggressiewe bande te kyk.

Ek doen omtrent 50-50 teer en grond, maar ek jag nou nie soos n duiwel op die teer nie, en wil meer "confidence" op die grond he.

Ek het nou al n bietjie hier rond gesoek en bietjie navorsing op die net gedoen maar ek wil graag hoor wat die honne te se het oor wat die beste is om te koop. Ek wil een keer koop en klaar kry.
Dan wil ek sommer ook hoor waar op die Oos Rand kan ek bande gaan koop. By wie stel julle voor moet ek my Randelas gaan om ruil vir bande?

So wat se julle?
 
Top