Uitsig Animal Rescue Farm: Breakfast Run Saterdag 4 Desember 2010

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse alle Willehonde van die Weskaap

Die jaar staan einde se kant toe, en die kersfees vibe slaan ons. Oor die feesseisoen gee ons graag vir mekaar as mense geskenke, maar sommige mense kannie na diere omsien nie.

Die Uitsig Animal Rescue Centre is net buite Joostenbergvlakte gelee, en huisves tans ongeveer 150 honde en 60 katte, en oor die feesseisoen gaan die druk op hul hulpbronne net meer raak. Daar gaan net meer honde inkom, en minder aangeneem word in hierdie tyd.

Hulle is op n plaas gelee met omliggende grondpaaie en so n lekker stukkie sand in soontoe.

Die plan? Ek soek nog dual purpose riders wat saam met my elkeen n sak hondekos/katkos gaan koop, en n breakfast run hou oor die grondpaaie rondom Philadelphia, Perdeberg en Kraaifontein. Voorlopig wil ek ontbyt book by Red Star Padstal op die R 44. As ons meer as 45 ouens bymekaar gaan kry gaan ek die ontbyt skuif na ietwers groters, bv Klein Joostenberg. Na ontbyt ry ons nog n bietjie grondpad en gaan lewer ons die kos op die plaas af.

Ek het gister voorlopige roete gaan verken, en van die N7 Engen 1 Stop tot op die plaas was 75km, met so amper helfte daarvan grondpad.

Vertrekpunt: Saterdag 4 Desember 2010 by Swartland Engen 1 Stop op die N7 @ 08h30 skerp. 
Eindpunt: Uitsig Plaas, Fisantekraal.
Entry? Sak hondekos/katkos, enige grootte, enige brand.

Reply net op die thread

Dankie

 

Attachments

  • 50256_209668237792_4395_n.jpg
    50256_209668237792_4395_n.jpg
    11.1 KB · Views: 372
Top