Vanjaar was dit Le-soontoe, volgende jaar................?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Baie mense het gevra waar heen gaan ONS volgende jaar toer?

Dit is nog net 'n gedagte so daar is nog baie ruimte vir wysigings!
Ons gaan deur die karoo met so veel as moontlik grondpaaie dan BOTSWANA in deur Gabarone al teen die oosgrens op dan deur ZIMBABWE tot by die BIG FALLS oor tot in ZAMBIA vandaar wes en in NAMIBIA in deur die CAPRIVI en daar wil ons die ou grensposte besoek. Daar sal ons dan terug draai en weer suid beweeg.

Dinge wat ons in Namibia wil gaan besoek is:
1. Otjikoto meer
2. Spitzkoppe
3. Brandberg
4. Messum Krater
5. Swakopmund se rots kristal museum
6. Gamsberg
7. Luderitz

Die totale trip gaan so tussen 6 500 en 7 000km wees! Ons wil dit rustig doen en alles gaan besigtig wat die moeite werd is om te gaan doen. Die gedagte is om so 350 tot 400km per dag te doen met genog rus dae ook tussen in. Ons wil so min as moontlik spandeer so ons sal saans kamp en soms sommer waar dit veilig is in die veld slaap. Dit maak so 'n toer net meer avontuurlik.

Ons beplan die toer om so 25dae weg te wees! ( 70000km deel deer 350km/dag = 20 dae plus rus dae)

Kostes: R600.00 per dag x 25dae = R15 000.00

Enige wenke en tips sal wardeer word! Is daar enige plekke wat vermy moet word?

Watter tyd van die jaar sal julle aanbeveel vir die toer?
 
Top