Who wants too tag along (PE Dogs 5 & 6 Dec Saterday Sleepover & Sunday Ride )

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Ons kom bymekaar op Kleinpoort padstal 8:00 Saterdag 5 Des, ons kan daar breakfast of op Wolwefontein (Skaapkop wat stel jy voor aangesien jy die mense redelik goed ken?) Vandaar ry ons op die R338 na Baroe, Mount Steward, Klipplaat, Aberdeen Road regs na Marias, Kendrew en Graaff-Reinett.
Na Graaff-Reinett neem ons die Oudeberg Pass na Nieu-Bethesda waar ons in tente by die Owlhouse Backpackers oornag teen R85pppn, enige iemand is welkom om hulle te skakel vir kamer pryse of ander B&B's. Volgens vrou (Ronel) is daar n kombuis wat die backpackers gebruik met nodige eetgery.

Wat jy moet saam bring indien jy sou kamp is jou tent goedters, vleis vir Saterdagaand se braai, eie dinkgoed en warm baaitjie vir die nag temp wat nog maar steeds koud is.

Sondag oggend kan ons een van 2 roetes doen,
1 - Breakfast op Jansenville, PE alles teerpad of
2 - Breakfast op Cradock, Swaarshoek na Somerset East, R335 na Anns Ville oor Olifantskop Pas, PE.

Ek hoop ek het als onthou, indien daar iets is wat jy wil weet of n voorstel, ek is altyd tegemoedkoomend.





 
Top