Bikers 4 Kids - Ride planned by Solidariteit.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

douw

Race Dog
Joined
Jul 22, 2010
Messages
2,397
Reaction score
3
Location
Zwavelpoort - Pretoria East
Bike
KTM 690 Adventure
Hi all Dogs,
Solidariteit is a Labour Union with whom I have close ties in different companies that I own.  They have planned a Nationwide Ride to bring Joy and Toys to Kids who have very little to be happy about
I have attached some info about the rides.... if you can or want to be part of it please contact Petro ( her details at the end ) and slot into this plan....
No obligations.... but it are always nice to do something for others..... IMHO........ Cheers.
Bikers 4 Kids
Agtergrond
Alle eer vir enige werk of projek wat ons aanpak aan die Here, sonder wie se leiding, beskerming en liefde niks moontlik sou wees nie. „n Groot dankie vir Petro Voges van Solidaiteit wat met die idee vorendag gekom het en aan Toys for Africa gedink het, asook vir die beplanning wat sy in die projek insit.
Voorstel
John F. Kennedy het gesê: "All of us do not have equal talent, but all of us should have an equal opportunity to develop our talents."
Laat „n mens nogal wonder oor verspeelde kanse en daardie ekstra 10 minute se slaap vroegoggend. Suid-Afrika het soveel mense wat baie meer as tevrede sou wees met minder as die helfte waaroor baie van ons daagliks kla. Geleenthede is nie altyd vir almal beskore nie en die Bikers 4 Kids kan daaraan net „n druppel of 2 in die emmer se verskil maak, maar en dit is „n groot MAAR, as die Bikers 4 Kids met „n kind in aanraking kom, sal daardie kind besef daar is mense daar buite wat omgee en sal help waar hulle kan.
Om deel te wees van die Bikers 4 Kids moet jy kan ja antwoord op die volgende vrae. Wou jy al ooit help, maar het net nie geweet waar om te begin of wie om te kontak nie? Wou jy al ooit vir iemand onbekend laat weet jy gee om, al verstaan jy nie waardeur hulle gaan nie? Wou jy al ooit „n verskil maak, maar kry net nie die tyd in jou eie besige lewe nie? Wou jy al ooit vir iemand minderbevoorreg „n broodjie of „n koppie tee maak? Wou jy al ooit vir kinders lees? Wou jy al ooit leer verf op „n agtergeblewe kleuterskool se muur? Wou jy al ooit „n dak se gate toemaak om seker te maak die reën bly buite waar dit hoort? Wou jy al ooit 10 uur die oggend buite op die gras lag dat jou hart rondspring en jou ore net moet keer? Wou jy al ooit vir „n kind sy of haar heel eerste speelding in hul lewe gee? Wou jy al ooit?
Wel nou gaan ons. Geen werkie is buite bereik, geen muur te hoog of te beskadig, geen dak se gate te groot, geen kind te jonk of te oud, geen kind te lig of te donker, geen boek te dik, geen gras te lank, geen hartjie te ver, geen groentetuin te ingewikkeld en geen klimraam te geroes. Van 18 September tot 25 September gaan die Bikers 4 Kids, met die samewerking van Toys for Africa en Helpende Hand in amper 15 dorpe stop, 1 200km ver ry, verf, gras plant, klimrame toets, matte neerlê, mure skrop, groentetuine skep, deure opsit, dakke regmaak, toebroodjies smeer, boerewors braai, rugby kyk en baie speelgoed uitdeel. Die mikpunt is om vir 30 000 kinders speelgoed uit te deel en 50 000 mense se lewens te raak in die week en werklik „n verskil te maak in die mense se lewens.
Die projekte is geïdentifiseer deur Toys for Africa en Petro Voges in die Mpumalanga Provinsie en deur die Helpende Hand takke van die Limpopo Provinsie. Uit elke gebied is selektiewe skole en kleuterskole die geleentheid aangebied om vir die Bikers 4 Kids „n behoeftelys aan te stuur waarop hulle enige probleme of kwale wat hulle aangespreek sou wou hê identifiseer. Van daar is die gekose skool of kleuterskool „n katalogus gestuur waaruit hulle en hulle kinders self hulle speelgoed kon kies. Die administrasie was nogal „n riller, maar gelukkig het Petro daagliks alle verwikkelinge opgesom en saamgevat.

Die Bikers 4 Kids projek begin op 18 September, in Danville, Pretoria by Nea Pre School, waar ons „n stoep, „n afdak en „n metaal klimraam gaan verf. Die Sondag gevoel sal ook bevredig word deur boerewors op die kole wat deur die kinders en hulle ouers geniet sal word. Al 45 kinders sal ook elkeen hul eie speelding ontvang. „n Springkasteel en hanswors sal die dag daardie stukkie ekstra lekker laat byvoeg. Die Bikers 4 Kids se spanlede sal die Sondagaand nog tuis deurbring.
Maandagoggend 19 September vertrek ons vroegoggend op die 56 km rit na Bronshorstspruit. Hier ontmoet ons die 80 kinders van Suikerbekkie vir wie ons elk „n speelding sal uitdeel.
Van Bronkhorstpruit ry ons 59 km na Witbank en die tuiste van ons tweede verf projek. By Carissa Primary School verwyder ons geute, verf toilet- en klaskamerdeure en help met die opgradering van die toilette. Die skool het veral „n behoefte aan sportbankies binne in die toilette, sodat die kinders gemaklik kan verklee om hulle onderskeie sporte te beoefen. Ons deel vir al 646 kinders „n individuele speelding uit en so ook vir Carissa Primary School se buurskool Thanduxolo se 170 kinders. Bikers 4 Kids gaan ook heelwat gemeenskaplike speelgoed, soos skaakstelle, sokkerballe, netballe, tennisballe, hoola hoops, springtoue en blokfluite aflewer soos aangevra deur Carissa Primary School. Die skool soek ook na krieketstelle, lang wit krieketbroeke en skuifbare doelpale vir die sokkerseisoen.
Van Witbank vertrek ons op die 31 km rit na Middelburg om speelgoed uit te deel en die voorlaaste stop 65 km verder in Belfast lei ons tot by die kerk waar ons 600 kinders se speelgoed sal aflaai. Van hier vertrek ons na die tuiste van ons eerste nagrus in Nelspruit, 113 km verder.
Dinsdagoggend 20 September begin ons by die Nelspruit Community Forum. Ons het hulle gekontak asook die NG Kerk in die gebied en ons het hulle uitgedaag om vir ons 20 000 minderbevoorregte kinders te identifiseer, vir wie ons kan speelgoed uitdeel. Die speelgoed sal by die Community Forum afgelaai word en deur hulle versprei word. Die finale uitsluitsel oor die projek vir Nelspruit berus nog by die besluitnemers in Nelspruit. Daar sal wel so bietjie boeresport en rugbyafrigting by „n skool op die dorp aangebied word.
Van Neslpruit vertrek ons op „n 198 km rit na Phalaborwa, met 3 stoppe tussen-in vir speelgoed uitdeel. Die finale besluit oor waar presies die 3 stoppe sal plaasvind hang af van hoe ver die NG Kerk en die Nelspruit Community Forum se 20 000 kinders strek. As die skole of kleuterskole wat hulle identifiseer ooreenstem met die wat ons gekies het vir die 3 stoppe, sal ons 3 nuwe stoppe moet identifiseer.
Phalaborwa is ook waar ons, ons 2de nagrus sal geniet. Woensdag 21 September lê daar vir ons verfwerk van die speelterrein van „n kleuterskool voor. Ons sal vir al die kinders midaggete voorberei, speletjies saam met hulle speel en ook speelgoed uitdeel. Dan wag daar die verfwerk van 15 deure by die Frail Care Centre. 5 Helpende Hand vrywilligers van die streek kom ook help met die verfwerk.
Ons verlaat Phalaborwa en vertrek na Tzaneen (118 km) waar ons die aand sal oornag. Donderdagoggend 22 September deel ons speelgoed in Tzaneen uit en vertrek na Pietersburg (81 km) waar Kabouterland Kleuterskool se 45 kinders vir ons wag. Behalwe vir elke kind se speelding, kort hulle ook sand vir 2 sandputte, 7 groot swaaie, „n badkamerdeur, 20 enkelbed matrassies, „n nuwe plafon vir die badkamer en ons sal ook die gate bo die badkamer regmaak. In terme van verbeterings sal ons die dreineringssloot by die badkamer versterk en kyk of ons ook vir hulle „n afdak kan bou, hulle klimrame kan herstel en teels kan neerlê vir van hulle klaskamers. Bikers 4 Kids gaan ook in Pietersburg by Itireleng Laerskool speelgoed uitdeel en kyk of ons van hulle behoeftes op hulle behoeftelys (wat „n mikrogolf, panne, opskepbakke, borde, ens. insluit) kan verwyder.
Na „n 65 km rit slaap ons in Potgietersrus oor en by die Noodforum gaan ons Vrydag 23 September help om hulle groentetuin te “revamp”. Dit sal vir meeste lede van die Bikers 4 Kids span „n nuwe ondervinding wees en ons hoop ons almal sal hier iets leer. Hulle kort ook „n Wendyhuis en die skadunette wat geborg is moet „n nuwe tuiste vind bo-oor die groentetuin.
Ons vertrek op die kort 55 km rit na Naboomspruit vir ons finale “werk” van die week. Hier sal ons speelgoed uitdeel by 2 kleuterskole, naamlik Woelwaters Kleuterskool (80 kinders) en Wonderland Kleuterskool (60 kinders). Woelwaters soek ook emmertjies, grafies en siffies vir hulle sandput, „n trampolien, „n groot skopfiets en die kinders het mooi gevra vir 3 motorband swaaie, waarvoor hulle reeds die rame het. Wonderland soek 4 matte vir klaskamers, 60 plastiek stoeltjies en die herstel van hulle boomhuis, terwyl die sandput „n dakkie benodig.
Ons vertrek die middag na Nylstroom vir speelgoed aflewerings en die 43 km sal met so tikkie hartseer gepaart gaan. Van Nylstroom vertrek ons na ons laaste dorp 64 km verder, waar ons by Vaalwater sal oorslaap.
Saterdag 24 September beweeg ons na die Waterberg Wildsfees waar die Bikers 4 Kids gaan kuier en „n boks speelgoed oorhandig aan die organiseerders van die fees. Daar word by die fees 30 minute net vir ons uitgehou, waartydens „n onderhoud ook gevoer sal word.
Sondag 25 September begin die pad terug na Pretoria en die 186 km sal almal „n week so reg uit die hemel onthou.
Daar is heelwat glanspersoonlikhede wat ons vergesel op die week, onder andere het Peter Vincent, Marcel Caroto en Bianca Pienaar reeds bevestig en daar is nog „n verrassing of 2.
Die ideaal sal wees om die hele land op te sweep en tydskrifte, televisiekanale en radiostasies te kry om ons te volg en sodoende meer mense op te vuur om iets soortgelyks aan te pak. Die projek sal ook beskik oor sy eie liedjie wat gesamentlik geskryf en gesing sal word deur Bianca Pienaar en Marcel Caroto. Die liedjie sal elke hoofpunt insluit en die plekke wat ons besoek laat identifiseer met wat ons wil bereik en die trots van die Afrikaner wat in elkeen van ons se harte is laat skree om gehoor te word.
Dit sal die groep wat saam reis en die mense en plekke wat besoek word weer laat deel voel van Suid-Afrika. Die publisiteit sal ook help om die projek „n gereelde en permanente inskrywing in almal se dagboeke te maak.
Die Bikers 4 Kids logo is identies aan die entoesiasme waarmee die week aangepak gaan word en daar sal ook t-hemde laat maak word vir die projek. Vir „n begin sal daar nie beperkinge op getalle wees nie en die belangstelling van die mense daar buite sal bepaal of dit in die toekoms sal nodig wees. Om „n verskil te maak moet daar soms net „n plan van aksie wees wat gevolg kan word. Die week gaan oor niks en niemand anders as die kinders van ons land.
Om die week „n sukses te maak wat die kinders en die mense op die 15 dorpies verdien, sal grotendeels afhang van hoeveel mense in Suid-Afrika die Bikers 4 Kids gaan ondersteun. Ons benodig verblyf vir elke aand, petrolgeld, kos en baie fondse vir die speelgoed, produkte en materiale wat ons moet aankoop vir die week. Kontak ons enige tyd om hulp aan te bied, asook om vir „n spesifieke skool of kleuterskool se projek hulp te verleen.

Danie van Loggerenberg 082 303 7088 [email protected]
Petro Voges 073 208 0895 [email protected]
Enige donasie is baie welkom
Bikers 4 Kids
Nedbank
Rekeningnommer: 1012166058
Takkode: 121914
Taknaam: Centurion Lifestyle Centre
 
Top