CANOLA RUN 2012 (CALEDON) SAT 1 SEPTEMBER 2012 CANCELLED

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tienie

Race Dog
Joined
Apr 15, 2008
Messages
1,067
Reaction score
1
Location
Caledon
Bike
KTM 990 Adventure
Moeilik om te glo, maar daar het al weer 'n jaar verloop sedert die vorige Canola Run in Caledon!

Vanjaar gaan die 6 de keer wees dat die Canola Run  aangebied gaan word.

Ons hou die resep van die verlede dieselfde, naamlik dat die roete "pillion friendly" sal wees, daar langs die pad 'n paar koue "versnapperings" te koop sal wees, daar weer 'n "expression session" sal wees waar die experts ons sal wys hoe 'n mens nou eintlik moet wheelie, en 'n heerlike middagete wat by die inskrywingsgeld ingesluit sal wees. Die roete gaan weer wees op plaaspaaie wat op privaat eiendom is, so ons waarborg jou 'n unieke ervaring!

Onthou dat die inkomste uit die event, soos in die verlede, vir 'n goeie doel in die gemeenskap van Caledon aangewend sal word.

Ons gaan die Canola Run vanjaar kombineer met die Overberg Fun Ride van Wall-e wat die volgende dag gaan plaasvind. Diegene wat beide wil doen, ons het 'n heerlike kampplek vir julle ( www.vloedbos.co.za ) . Kontak vir Lani by 083 359 1505. Vir diegene wat dalk oorweeg om in gastehuise te slaap, ek en Uiltjie het altwee blyplek by www.pietmyvrou.co.za en www.goudinie.co.za

Jy sal moet self sorg vir kos vir Saterdagaand.

Die koste van die Canola Run se inskrywingsgeld is R120 per ryer en R60 per pillion. Hiervoor kry elkeen 'n koue koeldrank/bier van sy keuse, asook 'n heerlike warm braaivleis met slaai. Registrasie vind plaas op die parkeer-area van die groot kerk in die middel van Caledon vanaf 7h30 tot 8h30. Die Run begin stiptelik om 8h30.

Vir enige navrae, email my by [email protected]

Hier is laasjaar se ride report: https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=78101.80
 
Top