Cederberge / Wupperthal

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kreef

Race Dog
Joined
Jun 11, 2009
Messages
596
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
BMW F650GS / Dakar
Hi All

Ek gaan vir die langnaweek cederberge toe. Ek sal graag ook die pad Wupperthal toe wil aanvat. My tyd hierdie week vir beplanning is ongelukkig vrek min, so ek vra hulp  :-[

Ek vertrek Saterdag oggend vanaf Century City so vroeg soos wat ek kan. Moet op die ou end van die dag by die kamp terrein in die Cederberge eindig. Is daar paaie wat ek kan ry sodat ek eers Wupperthal toe gaan en dan in die Cederberge in? Of is die beste maar om N7 te vat en dan deur die Cederberge te ry tot by Wupperthal? Ek sal graag so veel as moontlik grond paaie wil ry. As daar al enige ride reports oor hierdie was, laat weet ASB. Of as jy 'n cool roete het om te ry. Ek is bereid om ver te ry, so as ek 'n ompad moet vat waar ek heeltyd op grondpad is om eerste deur Wupperthal te gaan, GREAT!

Dan ook, ek het gehoor dit is nogals lekker 4x4 roetes daar rondom Wupperthal. Presies hoe moeilik is hierdie paaie met 'n bike (Dakar)? Watse tipe toestande moet ek verwag? Klip, sand, water, gravel?

Ek gaan ongelukkig alleen ry, maar sal die basic emergency goed saam met my vat. Is daar dalk iemand wat dele van die roete saam met my wil ry? Komaan....  :ricky:

En weereens: ENIGE HULP SAL WAARDEER WORD!!!  :thumleft:

 

Latest posts

Top