Centurion, Kang, Windhoek na Swakopmund

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

blackbird

Race Dog
Joined
May 29, 2015
Messages
686
Reaction score
68
Location
Gauteng
Bike
BMW R1200GS
So n Gs en n K1600 begelei die Harley's na Swakopmund. Nou nie die die grondpad en mooi bergpasse waaraan julle hier in die RR's gewoond is nie maar ek sien heelwat hierna uit. Elf fietse met n back up voertuig(met n spaar Harley op die sleepwa) vertrek volgende dinsdag die 21ste Mei na Kang Botswana, 22ste na Windhoek vir kuier in Joe's en dan die 23ste na Swakopmund vir die Skeleton Rally daar. Terug op die 27ste na Botswana grens en 28ste n hardegat ry tot Centurion, Die Harley's slaap weer oor op Mafikeng.
Ek het nou al n hoop dollars na die GS gegooi om van daai Sportster op die sleepwa af weg te bly, 1.92m lyk nie goed op hom nie en hy maak jou seer! Die meeste van hulle is darem op rusbanke wat van fannywarmers tot cupholders het en doen n goeie 140km/uur gemiddeld. Af Oos Londen toe die afgelope jare kon ek vooruit ry om mooi foto's te neem ,maar is gewaarsku in Namibia en Botswana gaan jy petaal boeta! So da vat hy! Spreekwoordelike 7Days
 
Top