Eastern freestate ride 6,7,8 March 2009

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tulie

Pack Dog
Joined
Feb 3, 2009
Messages
71
Reaction score
1
Location
Bethlehem
Bike
BMW R1200GS Adventure
Beplanning van naweek

Kom vrydagaand aan op die varkboer (Tulie) se plaas.

Die varkboer se vrou (Carene) sal vir julle braai terwyl die varkboer julle sal bederf met allerhande lekker drankies uit sy
volledig toegeruste kroeg. Baie romantiese slaapfasaliteite is beskikbaar,of jy kan op die gras slaap sonder komberse, vir
die helfte van die prys.

Saterdagoggend sal Carene en n troppie van haar bediendes vir julle n heerlikke boereontbyt voorsit, terwyl
die varkboer homself sal besig hou om met julle "chats te bou". Tulie sal dan vir julle verduidelik dat hy die trip
lei. Daar is gerugte dat hy net wil voorry omdat hy nie in die stof wil ry nie.  Die eintlikke rede is dat hy vir die
laaste drie jaar probeer om "off road racing" met sy WR450 te doen en nog nooit in sy lewe voor gery het nie.
As hy te stadig ry, gaan maar by hom verby, hy is eintlik gewoond om in die stof te ry. Wag net op n punt vir
hom en moenie sy gevoelens seermaak nie.

Ons vertrek om 8h00 Saterdagoggend. Rede:Lang roete ,350km en Tulie is stadig.  Ons ry n grondpad vanaf die plaas
tussen mielielande tot op Harrismith waar ons petrol ingooi want julle gaan nie weer n garage sien tot ons terug is
nie.
Ons vertrek dan in die rigting van Collingspas. Middagete sal Carene weer vir julle n worsie braai terwyl Tulie vir julle
vertel hoe goed hy gery het.
Ons ry dan deur n stuk van Noord Natal ,tot by Bester en op met die treinspoorpad , deur die tonnel op tot Van Reenen.
Mooi grondpaaie tot Harrismith en terug plaas toe.
Ons behoort 5nm terug te wees. Die wat wil stort kan stort en daarna sal Carene weer vir julle braai. Tullie sal ouder gewoonte julle bederf met sy persoonlikheid.
Sondagoggend: Brekfis en goodbaais

As jy nie by my wil slaap nie en net wil saamry , kos dit jou niks.
As jy hier slaap, braai en drank geniet, moet ek jou ongelukkig geld vra. Geen Lesotho travelers tjeks word aanvaar nie.

Koste 
Hele naweek R1000/persoon
Een aand+aandete+drank+ontbyt+vriendelikheid van TULIE EN CARENE R500/persoon.

Tel: 058 3042903
Sel:0824156699
 
Top