KAROO BELEWENIS: 24 Apr - 1 Mei

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ExploreSA

Race Dog
Joined
Jun 4, 2013
Messages
673
Reaction score
4
Location
Bapsfontein
Bike
BMW R1200GS Adventure
Kom ons gaan ry Carnarvon se grondpaaie plat!!

Met jou GS, of jou 4x4, 4x2 LAW of SUV - almal geskik om daardie pragtige omgewing van amper niks te gaan geniet. Trudie en ek het in Desember daar verken en gevind dis ideale gebied vir rustige GS-roetes. Alles distrikspaaie wat elke faset van GS toelaat sonder om ernstig soos in Gr4-5 te wees

Lees verder en dink...

- Carnarvon is sowat 900km en kan in twee gedeel word as mens met ‘n fiets afry. Ritchie, 40km Suid van Kimberley is ‘n goeie oornagplek. Was al 2x daar. Sou mens afsleep (wat ek aanbeveel) is 900km op een dag heel moontlik. Alles teerpad soontoe
- Tussen drie en vyf dae se grondpad, elke keer ‘n ander roete in daadie pragtige Karoo van (amper) niks is ‘n eenmaal in ‘n leeftyd geleentheid – en dan sal mense sekerlik later ander gebiede ook wil besoek as die lus jou beetgekry het.
- Google gerus die Corbellhuise van die Karoo. Unieke boustyl en nêrens anders te sien nie – net daar!
- Dalk, net dalk kan ons ‘n besoek aan die Meerkat-projek gereël kry. Een van die grootste konstruksieprojekte wat tans in SA aan die gebeur is.
- Daar is wel géén selfoonontvangs sodra jy die dorp verlaat nie en sal net slim wees vir die fietse om ten minste drie GSe saam te ry en motors twee saam, sou met een iets gebeur dat die ander gaan hulp soek. Hulp is ver en yl gesaai en om te stap is nie ‘n opsie nie.
- Dis maklik om tot 300km in ‘n dag teen 60-80km/h te ry sonder om moeg te word, gereeld te stop by waterpunte waar ‘n yskoue Karoowaterlafenis beskikbaar is. Kristalhelder windpomboorgatwater met skoongrasgroen alg onder in die dam. Baie spesiaal.

Wat akkommodasie betref:
. Die omgewing en mense is hartlik en daar is genoeg gastehuise om almal te kan akkommodeer. Die munisipale woonwapark is oud maar alles werk en is netjies en veilig (Wat meer kan mens vra teen R50/nag/staanplek en R3/dag vir elekt?)

Kontak my gerus as jy belangstel. Hierdie is 'n ervaring om weer en weer te doen - Been there done that.

Die roetes: En daar is nog meer wat nie hier getoon word nie









 
Top