Klein bikes of enige bike WD den toe 20 Des.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,267
Reaction score
717
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
n Paar van ons gaan weer na die WD den Saterdag oggend die 20ste Des ry.
Saterdag oggend vroeg  trek ons weg , oorslaap by WD den en Sondag weer terug.
Dit gaan n baie relaxed (stadige) ride wees. Maar as daar ouens is wat wil laat waai,of selfs ander roetes wil ry, doen dit, sodat ons darem meer siele om die kampvuur sal wees.
Ek sal die roete opsit wat ons laas naweek gery het soontoe. Daar is baie stukke teerpad op die roete en niks moeilike stukke grondpad nie. Daar was so n stukkie grondpad met seker so 5 modderige poele as ek reg onthou. Ek praat van modderpoelle wat jy
seker nie verder as 10 - 20m in dit ry nie. Nerens het my skoene eers nat geraak nie. Daar is n sanderige oppervlakte op stuk van die pad terug die Sondag maar n non event. Die bosveld is net asemrowend mooi nou. Nicobie gaan saam en ek sal hom vra om voor te ry en die pas laag  en rustig te hou sodat almal gemaklik is, ek sal agter dan ry.
Op so n trippie hou ek van af en toe n koue bier drink maar kan my "pose" hou(sing net al harder in die helmet)
Ons sal seker weer stop in Naboomspruit,ons vleis koop,iets eet en drink en dan rustig die laaste 100km doen Makekeng toe.
As alles goed gaan kan ons gemaklik 3 uur by die den wees wat ons genoeg tyd gee om proviand by kafee en petrol plek so 10km weg te gaan koop.
By Makekeng is daar alles wat ons nodig het. Daar is matrasse,spoel toilet,shower (donkie) ,lekker braai plek,stoele en selfs n klein jukebox. Alles vir R50 n aand. Daar is beddegoed teen  addisionele koste (moet met hand gewas word) Ek vat op die trip net my slaapsak saam.
Ek sal weer hoor by Rasta of hy vir ons R100 se hout kan organise. Onthou daar is nie transport nie en die hout word met donkiekar
ver aangery wat ons nog R100 vir transport gaan kos. Tussen n paar ouens opgedeel is dit n bargain.
Ek sal probeer om die roete by more op te sit.
:ricky:
 
Top