Lesotho trip.Vra vir inligting. In by Qacha's nek en weer uit by Sani Pass.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

frans1

Race Dog
Joined
Jan 12, 2009
Messages
697
Reaction score
0
Location
Margate
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ons is 'n groep van 6 bikes op huidige staduim wat die laaste naweek in Sept (Vrydag 28 Sept) deur Lesotho se Oostelike gedeelte te wil ry.
Ons gaan 1 uur die middag by South Coast Mall (Shelly Beach) vertrek en dan slaap ons so 25 km voor Matat by 'n Geust lodge. (213km teerpad)

Saterdag 29 Sept vertrek en ry deur die grenspos by Qacha's nek en van daar op die A4 verby Sehonghong en Thaba-Tseka na Katse dam waar ons dan slaap die aand. (305km grondpad)
Petrol by Thaba-Tseka wat 247km van Matat is.

Sondag 30 Sept doen ons die toer deur die damwal en ry dan verby Thaba-Teska verby en oornag dan by Molumong lodge die aand. (156 km grondpad)

Maandag 1 Okt ry ons Sani pass af en deur die grenspos terug Suid Kus toe.

Ek is wel bekommerd oor die stuk pad van Qacha's nek na Katse dam!
1.  Is dit te veel vir eendag? :deal:
2.  Het Sani Pass al 'n paarkeer gery, is die pad se passe slegter as Sani sin, of dat ek eerder vra meer tegnies? :peepwall:
3.  Wat kan ons verwag? Moet ons ons eie pad op stukke bou? ???

Alle raad sal wardeer word. Gps kaarte sal ook wardeer word. 
 
Top