Los speke op my GSA

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jondu

Race Dog
Joined
Jun 10, 2012
Messages
1,027
Reaction score
0
Location
Koekenaap
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ek het gister die tos job gedoen om my fiests te was om, soos die manne sê, vas te stel wat is los en vas. Die fiets is ongeveer 500 km (onder andere grondpad)terug gediens en dog toe dit is nie nodig om dit te doen nie, maar voel toe skuldig oor my vuil fiets.
Tot my groot verbasing ontdek ek toe n los speek op my voorwiel en die res klink ook oneweredig.
Volgens Michnus se diens skedule moes dit nagegaan gewees het op die  pas ofgelope 10 000 km diens.
Op my vorrige GS en huidige KLR's het ek nog nooit soortgelyke probleme ondervind nie.
Ek kry nie die los speek vasgedraai nie,want lyk my die draad het seergekry by ń vorrige geleentheid.
Kan ek so met die fiets ry, want dit moet seker weer terug kom by Stellenbosch?
 
Top