Namatrap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Matewis

Race Dog
Joined
Sep 23, 2013
Messages
2,487
Reaction score
129
Location
Soneike, Kuilsrivier
Bike
BMW R1150GS Adventure
Ons is 'n klomp vriende en ek het die titel as voorsitter van die feeskomittee gekry.

Besig om 'n trip te beplan uit die Kaap Weskus langs deur Dwarskersbos na Malkoppan, gedink om 'n aand daar oor te slaap en sommer terselfdertyd bietjie Muisbosskerm se lekker seekos te nuttig.

Vandaar Doringbaai, Strandfontein, Vredendal, opstock op supplies en dan deur die Knersvlakte na Brakkie se Veldkombuis.
Is daar iemand wat die paaie hierlangs ken? Kan mens met die Sishen Saldanha treinspoor pad ry?? Die Veldkombuis le BAIE naby aan die treinspoor pad en ek weet hy is alyd in goeie toestand. Is die hekke hier oop? Gesluit etc?

Vandaar gaan ons Niewoudtville toe, Motorfietsmuseum besoek en dan deur die dorp, Oorlogskloof, Botterkloof tot in Clanwilliam, en dan langs die dam af, Jamaka, Cederberge tot by Oasis waar ons weer 'n nag gaan slaap. Dan terug huis toe.

Dag 1 so 250km
Dag 2 so 300km,
Dag 3 skat ek gaan so 350km wees tot op Oasis
Dag 4 200km terug Kaap toe.

Enige hulp sal waardeer word. :ricky:
 
Top