Namibia Trip - Nog een op die Thread

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

cjvrensb

Pack Dog
Joined
Apr 16, 2013
Messages
325
Reaction score
0
Location
Nelspruit
Bike
AJS (all models)
Nou ja die tyd het aangebreek... ;D

Volgende week 3 Sept slaan ons solo ( ek en vroulief)die pad Namibia toe. 'n "Epic Adventure" wat ons aanpak bitter min ondervinding. Maar nou ja, die magtige Visrivier Canyon hike is ook aangepak as eerste serious hike. En hoeveel pret was dit nie!

Soooo ons wat die pad op Namibia toe, heel eerste LANG trip, het paar kort dag roetetjies gedoen en nou die perd van heel ander kleur. Die plan is om dag 1 op te ry vanaf huis ( Sun City) tot by Zelda plaas net anderklant buitepos. Langste strecth op eerste dag en ek glo as ons hom kan maak is die ys gebreek vir ons "virgin" boude  :imaposer: Dag 2 na Usakos via Windhoek en die Khomashoogland Bosua pass. Daar ontmoet ons my groot maat wat nou al paar jare in Nam bly. Hy het Yammie XT 600Z. Hy moet nog paar dae werk voordat ons almal saam verder noord vertrek Epupa valle toe so dit gee ons tyd om die omgewing daar soos Spitzkoppe, Swakop Henties en so aan te verken. As iemand van iets besonders in daai omgewing weet om te sien laat waai asb. :thumleft:

Die plan is dan om oor die loop van 2 dae tot by Epupa valle te ry en so dag of twee daar oor te bly. Daarvanaf na Palmwag via Sesfontein waar ons ons ook dag of so sal oorbly en die area bekyk. Dan af na Uis toe vir een aand en dan af na Swakop via Hentiesbaai.

Soos ek se dis ons eerste lang tog op die Yammie, so enige raad of insetsels sal baie waardeer word. O en ons kamp orals...
Ek was bekommerd oor die tipe Tyres wat ek op het maar ek het ervare ryers (Louis Alias Visarend) gekommunikeer en ek het gemoedsrus gekry. Tensy ons reen kry sal ons ok wees. Die bike het Metzeler Tourance EXP C tyres op.. :eek:

Hier is fotos van ons ryperd..
 

Attachments

  • S10.jpg
    S10.jpg
    234.9 KB · Views: 171
  • Mock Pack.jpg
    Mock Pack.jpg
    243.1 KB · Views: 172
Top