Padtoestande tussen Ladismith en Laingsburg

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Doringboom

Race Dog
Joined
Sep 14, 2006
Messages
610
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
Suzuki DL 1000 V-Strom
Kan die grondpad gode van die Suide asb ‘n bietjie van julle uitgebreide kennis met my deel:

Wat is die toestand van daai stukkie grondpad in die groen sirkel (39km lank volgens my padkaart)? Sal my softy V-Strom met die baie plastics hom kan loop (stadig en versigtig)? Ek vra maar, want die teerpad alternatief tussen Ladismith en Laingsburg is ‘n moerse draai. Ons sal dus hierlangs moet grondpad ry. Ons sal seker nog ander mak grondpaaie ook ry, maar vooraf kennis oor padtoestande is nie nou krities nie.

‘n Verdere alternatief is die pad deur Seweweekspoort – hoe lyk hy?

Ek en ‘n vriend (met sy Transalp) is D.V. oor 2 weke op toer in daai geweste – ek kan nou nie meer wag nie :biggrin:

Baie dankie :thumleft:
 

Attachments

  • Pad.jpg
    Pad.jpg
    52.9 KB · Views: 128
Top