Rustenburg Uitreik Sondag 06/07/2014

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Klippie

Puppy
Joined
Apr 9, 2014
Messages
40
Reaction score
0
Location
Pretoria Gauteng
Bike
Honda XR650L
Ek het nie die uitreik gereel nie, maar almal is welkom.


Ons beplan 'n uitreik na Rustenburg. Almal weet van die behoefte wat daar is na aanleiding van die maande lange stakings. Dis die hele gemeenskap wat daaronder lei.

Ons het met van die Kerkleiers vergader en beplan 'n voedsel uitreik na Rustenburg. Tans het verskeie kerke reeds hul deure gesluit.

Ons vat hande met 'n gemeente in Ooseinde waar daar groot behoefte is. Hul beskik oor n groot hoeveelheid mielie meel en benodig kospakkies veral vir die kinders.

Kospakkies moet asb nie bederfbare items bevat, onder andere:
  Bully Beef
  Viennas
  Groente
  Sop
  Lekkergoed
  Ontbyt pap
  Longlife melk
  Klein pakkie suiker
  Koffie/ Tee
  Koekies
  Toilet ware....... Ens.

KruisKyk vergesel ons met die uitreik.

Logistiek:
Ons kom bymekaar by Radio Kansel, Jacobus straat, Kilnerpark op 6 Julie.
Vertrek  08h00
Ry Snelweg
Ons gaan Boerie rolle eet by die gemeente in Rustenburg @ R20 wat n koffie insluit.
Kos pakkies daar aflewer en kuier met die mense.

Kom ons gaan gee liefde aan ons medemens. Nooi ook vriende.
 
Top