SC-GARDEN ROUTE RIDERS: Buffelspoort Ride, 9-11 of March.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Berty77

Race Dog
Joined
Aug 13, 2010
Messages
2,809
Reaction score
74
Location
Kuilsrivier
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Dis nie aldag dat ons die kans kry om geskiedkundige en werelderfenis roetes met ons fietse te kan aandurf nie. Ek het die geleentheid gekry om n groep van ons deur te vat met die eienaar Rudy Nel se toesteming. Die beste en enigste tyd van die jaar om die roete aan te pak is amper met ons. Deur die loop van die jaar word hierdie kloof gebruik om water te voorsien aan die boere in die Klein Karoo en word dit maandeliks bespoel van Floriskraaldam af. Die vrugte en wingerd seisoen verg nie nou baie water nie en dus is dit die droogste tyd van die jaar om deel die kloof te ry.
Hierdie is nie n winsmaak of jaarlikse beplande roete of naweek nie, en dus is dit net vir ouens/vrouens wat regtig belangstel en wat die regte gereedskap het om dit aan te durf. Gereedskap? Jy gaan nie die roete met n GS/Tenere/990 kan doen nie, dis geskik vir fietse minder as 140kg, so selfs die 650's gaan maar biekie hier sukkel. Sukkel? Jip, want dis modder, klippe, sand, dorings en die res wat die natuur na jou kan gooi om jou te laat terug draai. Hierdie rit is bedoel vir ouens wat ROOI ROETES vir die lekkerte daarvan ry.
Die roete self gaan R150p.p. kos en kamp plek is R50p.p.p.n. Daar is twee huisies met elk n dubbel bed en twee enkel bedjies, maar ek weet nog nie wat hulle pryse is nie, maar sal binne kort dit hier inful. Daar kan ongelukkig SLEGS MAXIMUM 20 PERSONE die naweek deelneem en oorslaap om die impak op die natuur tot n minimum te hou.
Die Suid Kaap Honde wat al van tevore hier oor uitgevra het, dis nou ons kans om die roete te gaan doen, al moet ons mekaar daardeur sleep en iemand se CRF230's vir n naweek "leen".
Die verkenning om te sien of die roete veilig gedoen kan word en om versperrings van die jaar se vloede te verwyder sal aan die einde van Februarie gebeur......... :mwink:
Die beplande datum vir die trailride is 23-25 9-11 Maart 2012.
 

Attachments

  • BuffelspoortMap.jpg
    BuffelspoortMap.jpg
    239.6 KB · Views: 347
  • bufpoort6[1].jpg
    bufpoort6[1].jpg
    49.6 KB · Views: 341
  • bufpoort7[1].jpg
    bufpoort7[1].jpg
    51 KB · Views: 347
  • 01022012127.jpg
    01022012127.jpg
    322 KB · Views: 346
  • 01022012128.jpg
    01022012128.jpg
    287.8 KB · Views: 344
  • 01022012129.jpg
    01022012129.jpg
    270.5 KB · Views: 339
  • 02022012130.jpg
    02022012130.jpg
    329.4 KB · Views: 331
Top