Skilpad Rally Lichtenburg 24 September 2015

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ZAR

Pack Dog
Joined
Jan 7, 2009
Messages
83
Reaction score
4
Location
Lichtenburg
Bike
Suzuki DL 650 V-Strom
item.JPG



Wat het ‘n Skilpad en Khakibos in gemeen?

Dit laat mens wonder 24 September 2015 “ braaidag”  kom die groot eg Suid-Afrikaanse ikone bymekaar.
Die 4x4 Skilpad Rally nooi almal uit vir ‘n onvergeetlike dag by Lichtenburg Vakansie-oord.
Kom ry ‘n GPS roete met jou 2x4, 4x4 of motorfiets. Die meer avontuurlustige kan die bekende 4x4 roete van die klub kom ry of kom ervaar die natuur op jou fiets en neem deel aan die “funrun” deur die ou wildteelsentrum.
Daar is ook lekker kosstalletjies om hongerpyne te stil.

Een van Suid-Afrika se beste “rock bands” Khakibos bestaande uit 4 lede bring vir ons opwindende nuwe klank met hul fantastiese talent.
Hul bring die beste van ou skool “ rock” musiek vir ons om na te luister of om saam te dans terwyl die kampvure brand, vleis op die kole gaar word en die biertuin is daar om jou dors te les.
Celia (die hoofsanger) was betrokke met die direksie van Mama Mia, Annie, “Charlie and the Chocolate factory”  en “ Wizard of Oz”  vertonings in die Midde Ooste.
Die baskitaar speler Lee is ook ‘n formele opgeleide klavierspeler hy was betrokke as baskitaar speler vir Little Sister, Attack en Strawberries.
Jaco die hoof kitaarspeler speel al vanaf 15 jarige ouderdom kitaar ( hy het homself geleer). Hy het al saam met baie gewilde “ bands” gewerk nl NIP, Pariah State and Hypnotic rt.

Indien jy te laat kuier is jy welkom om  Lichtenburg Vakansie-oord se kampeer fasiliteite of hul oulike selfsorgeenhede te bespreek vir ‘n rustige nagrus.

Gedurende die samekoms van Khakibos en die Skilpad Rally is daar ook geleentheid vir alle entrepeneurs om te kom uitstal en te bemark. Kontak gerus vir Rene van Staden van CVO skool Lichtenburg  by 018 632 1982  vir meer inligting of Henk Keyser by
[email protected]

TOEGANGSFOOI VIR DIE DAG IS SLEGS R50PP KINDERS ONDER 13 IS GRATIS. OM AAN GPS EN 4X4 ROETES DEEL TE NEEM IS ONDERSKEIDELIK R100 EN R150 PER VOERTUIG ADDISIONEEL.
ETEKAARTJIES VIR DIE AAND SE HOENDERBRAAI IS R35PP.





 
Top