Trip om Lesotho 90% gravel.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tulie

Pack Dog
Joined
Feb 3, 2009
Messages
71
Reaction score
1
Location
Bethlehem
Bike
BMW R1200GS Adventure
Nuus uit die Oos-Vrystaat

Die vriendelike varkboer, oudstaatsbokser en profesionele motorfietsryer,TULIE ,bied ‘n toer van drie dae om Lesotho aan.
Die beplanning is soos volg:
Vertrek Vrydagoggend om 8h30 vanaf  TULIE’S ADVENTURES hoofkwartier (varkplaas)
Roete gaan deur Geluksburg en Kamberg nationale park tot in Himeville waar ons die eerte aand slaap.
Saterdag ry ons al langs die berg tot by Mount Fletcher ,oor Naudesnekpas ,tot in Rhodes, waar ons slaap.
Sondag ry ons oor Lundin’s nek tot in Zastron, waarna ons terug ry na Bethlehem.
.
Die twee aande se slaap, aandete en ontbyt gaan jou slegs R1600 kos. Dit sluit  natuurlik die vooreg in om ‘n bietjie met my te “chat”
Die kandidate wat  die toer wil mee  maak is welkom om van my geriewe gebruik te maak die Donderdag en Sondag aande. Dit sal jou R300 per nag kos.
Aandete en ontbyt ingesluit.
DATUM
15,16,17 April  2011

Dit is kort kennisgewing, dink daaroor die naweek en bel my volgende week. Daar is beperkte plek beskikbaar want ‘n groot groep met die kort tyd gaan nie werk nie.
Ons moet nou gaan, want dit is nog pragtig groen en nog nie te koud daar nie.
Tel: 0583042903 saans, in die dag is ek tussen die varke.
 
Top