Trippie virre troue

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
        So twee jaar gelede,net nadat ek bike-koors opgedoen het,belowe ek my ou swaer ek sal opry Sasol toe(vanaf Montagu) met die bike as sy dogter trou.Sy besluit toe op n winter-troue,maar n belofte is n belofte.Dan is dit n wintertrip.Cutting Torch is nie lus vir die trip nie,maar vertrek kort daarna op n sending ver oor die diep blou see.As die kat weg is,is die muis mos baas.
        Ek wou die geleentheid gebruik om n paar ou kennisse op te soek,vreemde plekke te gaan verken en om met mense te gesels.Teerpad of grondpad maak nie saak nie,ek wil net sover moontlik die hoofroetes vermy.Die plan is om by vriende te slaap,maar die tent gaan saam vir die wis en onwis.
          Vir die koue en nat,skaf ek n geel snoekpakkie aan en n paar Chinese gifhandskoene.Die naweek voor ek vertrek daal die temperatuur drasties en dit begin sneeu in die Koo.Ek saal dadelik op vir n oefenlopie.Die snoekpak werk,maar die handskoene is vir Chinese gemaak.Die boots raak nat en ek skaf n paar Wellingtons aan.Ek is gereed vir die trip.
          Dinsdagmiddag val ek in die pad om voor donker Calitzdorp te haal.Ek oornag by Blackie en Michael.Blackie baie jare kuratrise van die Montagu museum en Michael n beeldhouer.Ons gesels die winteraand kort en Blackie maak n Kreoolse dis van rys en hoenderlewers.Sy noem dit vuilrys.Ek slaap op n bank in die voorhuis.Om die waarheid te se,ek deel die vertrek met Antjie die rooibruin hen,een van Blackie se hanshoenders en n rot wat heelnag aan iets knaag.Ek hoop net nie hy knaag n gat in my troupak nie.My eerste aand se geriewe is nie stergehalte nie,maar die mense is sout van die aarde .
 

Attachments

  • Ladismith.jpg
    Ladismith.jpg
    52.5 KB · Views: 177
  • Kerk.jpg
    Kerk.jpg
    93.5 KB · Views: 172
  • Antjie 1.jpg
    Antjie 1.jpg
    125.1 KB · Views: 175
  • Antjie 2.jpg
    Antjie 2.jpg
    133.2 KB · Views: 170
  • Gepak.jpg
    Gepak.jpg
    127.2 KB · Views: 185
Top