Wie ry saam met die Varkboer?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tulie

Pack Dog
Joined
Feb 3, 2009
Messages
71
Reaction score
1
Location
Bethlehem
Bike
BMW R1200GS Adventure
As jy  die kosmos voor die groot koue in die Oos-Vrystaat wil kom beleef, moet jy die varkboer dadelik bel. Tulies Adventure Bike Trips het ‘n trip aan die naweek van die 3de ,4de en5de April. Ons ry vanaf die plaas na Clarens met grondpaaie. Carene vat die minder avontuurlistiges en vrouens met die teerpad. Dan vanaf Clarens na Rosendal via Moolmanshoek. Weereens is daar ook ‘n alternatiewe teerpad roete na Rosendal en Bethlehem en terug plaas toe.

Ons het nog plek vir twee pare of vier loslopers.

Die paket sluit in 2 aande slaap, 2 aandetes 2 ontbyte, 350km bikery en die voorreg om die hele dag in die geselsskap van die Varkboer deur te bring. 
Koste: R1000 / persoon.
Amper vergeet ek om te se alle drank is op die huis!!  ;D

Tel  058 3042903
082 415 6699

Ons ry elke naweek bel net eers voor jy kom.
 
Top