9 Provinsies- 9dae.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Mar 11, 2012
Messages
8
Reaction score
0
Location
Ottosdal
Bike
KTM 990 Adventure
Hi Almal.

Ek(KTM 990 ADV) en my pa(BMW R1200 GS) en 'n vriend van my pa(KTM 690 DUKE) en die Mammas beplan om van Ottosdal na Sabie te ry via vereeniging en Springs. Ons kry vir Angus op in Springs, dan Belfast,Lydenburg en Sabie. 670km.

Ons gaan net oos ry om Bushbuckridge raak te ry wat in die Limpopo provinsie is om op te maak vir die 9 provinsies. Dan trek ons al met Noord Wes,Gauteng,Mpumalanga en dan Limpopo.

Een Dag op sabie spandeer want die mammas gaan saam(erens gehoor die agter wereld gaan seer wees) :dousing: .

3 rondawels en Gods window kyk met 'n waterval of 2. Van daar af gaan ons terug na Badplaas se rigting omdat Barberton uit die pad is om te ry. Dan af onder Swaziland om tot by Candover waar ons in Esikhotheni Bush Camp slaap,KZN! Van daar af wil ons af ry na Richards baai en tot in Margate waar ons 2dae sal spandeer net om die mammies happy te hou! :xxbah:

Die plan is van daar af op Kokstad toe ry en dan deur die berge onder Lesotho via Elliot(Oos Kaap) waar ons sal moet oor slaap om te ry tot in Graaff Reinett en een aand weer daar slaap, en om die (WES KAAP) raak te ty gaan ons Beaufort Wes toe!
(daar waar die goeie RUGBY gespeel word PROOVINCE!!!!!)  :imaposer:

Na dit sal ons Colesberg (Noord Kaap) op ry Gariep dam toe en die laaste aand daar spandeer, die laaste dag, dag 9 sal ons via Bloemfotein(Vrystaat), Hoopstad Ottosdal toe kom.

Die KM's is nog nie so opgetel nie. die dae is net belangrik en die Provinsies. (en mamma se ASS!)
Dit sal nou in Einde Julie wees! En ja ek weet dis winter! En ek like dit so!

As iemand iets weet van verblyf of plekke om te stop wat die moeite werd is,gooi laat ek opskryf! Enige raad of paaie wat die moeite werd is om te gaan ry(net teer pad! daar ry 'n DUKE saam)!! En paaie wat ons moet vermy! dit sal van groot hulp wees!

Dankie.

Oh ja! asb sal iemand vir REDGSA se hy moet ophou 'n pissie wees en saam ry! hy het mos Heated Grips!!!! :pain10:


:wav:
 
Top