Eendekuil outride

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

CalMax

Pack Dog
Joined
Sep 4, 2012
Messages
63
Reaction score
0
Location
Eendekuil
Bike
Suzuki DR-Z 400
Ok. Moet nou nie te oorhaastig raak nie maar ons werk aan 'n outride/naweek trippie hier van ons ou dorpie af vir groot skoeters. Nou wat ek nou by julle wil weet is hoe die besighied moet verloop, wanneer dit moet gebeur, hoe ver en hoe moeilik.
Hiers hoe my kop geloop het maar ek is oop vir voorstelle.  Die wat wil kom vrydagmiddag/aand hier by ons aan vir 'n braai, pot of so iets en 'n lekker kuier. Kampplek of slaapplek in die saal.
Saterdagoggend ry ons in groepe op die verskillende roetes in die area oa; grondpaaie, tweespoor en plaas paaie en as julle wil 'n gedeelte van die funride baan (sonder 'n fight asb). ons eet 'n hotdog langs die pad en toer weer so terug om saterdagaand se spit en kuier by die saal te geniet en sondag sukkel jy met jou seer kop en lyf terug huistoe.
Oor die tyd. Volgende jaar eers, somer = stof, winter = modder en reen. Miskien April
Daars nog baie wat ek weet ek nie aan dink nie maar julle kan my help om die trippie vir julle lekker te maak, Ons wil dit 'n jaarlikse instelling maak.  :ricky:
 
Top