"Gauteng-Natal-Transkei-Lesotho-en-Terug" Trippie, Maart 2016

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

VeelVoud

Puppy
Joined
Jun 28, 2012
Messages
46
Reaction score
4
Location
Hartbeespoort
Bike
BMW R1200GS Adventure
More honne,

Ek kyk vanoggend op die kalender en sien dat ons kantore vanaf die 19de tot 28ste Maart gesluit gaan wees...wel, ideale geleentheid om bietjie vir Rofty op te saal en te gaan verken. :biggrin:

Ek het in gedagte om vanaf Gauteng 'n roete na Natal, Transkei en dan deur Lesotho terug. Die roete is rofweg soos volg:
Dag 1: Gauteng tot Van Rheenen,
Dag 2: Van Rheenen na Wartburg(het vriende daar)
Dag 3: Warthburg na Matatiele,
Dag 4: Matatiele, via Qachas pas na Katse dam,
Dag 5: Katse dam via Monantsa Grenspos tot in Golden Gate,
Dag 6: Ore plat terug Gauteng se kant toe.

Enige iemand wat kan raad gee oor die moets, moenies, ander roetes, besienswaardighede ens? :thumleft:

Ek beplan voorlopig om meeste van die plekke in lodges/BB te bly, maar gee nie om vir kamp nie. eintliksa l kamp die budget baie beter pas! :ricky:
En dan die heel belangrikste, enige honne wat wil saam ry? Wil nie baie graag alleen ry nie, maar as dit daarop neerkom...wel, dan moet julle raad gee van wat om te pak! :eek:

dankie honne ek hoor graag van julle! O0
 
Top