Heerlike langnaweek...help my beplan asb

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Marvin

Race Dog
Joined
Apr 10, 2012
Messages
929
Reaction score
32
Location
Stellenbosch
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Vir die eerste keer in'n lang ruk kan ek vir 'n slag weggaan oor 'n naweek. Ongelukkig gaan ek nie bike ry nie, maar eerder met die kar, sodat my meisie en vriende kan saamry. Dit beteken ongelukkig ons sal nie die slegste paaie kan ry nie, maar gewone grondpaaie kan darem aangepak word.
Ons wil graag die eerste aand in Struisbaai/Agulhas slaap. Ek beplan om deur Hermanes Gansbaai toe te ry, en dan via Die Dam Struisbaai toe. Watter akkomodasie is daar in Struisbaai/Agulhas wat nie te duur is nie?
Is daar enige intressante roetes, paaie en/of stop plekke in daardie area wat die moeite werd is om te besoek? Die mense saam met wie ek gaan reis kom nie baie uit die stad uit nie, en ek probeer om hulle elke keer as ons op vakansie gaan iets spesiaal te wys.  :deal:

Na dit het ons nog niks beplan nie. Ek dink dalk daaraan om by Koedoeskloof ook 'n draai te gaan maak. Ek sal enige voorstelle waardeer! :peepwall:
 
Top