KAROOSTOF TUSSEN DIE TANNE HIERDIE NAWEEK

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

StofMONSTER

Puppy
Joined
Feb 23, 2012
Messages
23
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
KTM 990 Adventure
Ek en my seun ry Saterdag oggend vanaf Durbanville na Ceres oor Gannagapas na Middelpos (Hier herlaai ons-wat dit ookal vir jou beteken) dan na Villa Rosa gastehuis so 10 km vanaf Middelpos na Sutherland.  Oorslaap kos so ongeveer 140 rand pppn.  Jy kan verseker wees dis 'n gulpooprukkende plek die met sy eie braaiplek en beddens met alles wat jou hart begeer.  Hier braai jy jou hamburger patty en drink brandewyn of jy kan steak braai en J&B drink...jy kan ook lekker warm stort of sommer net gaan slaap.  Geen selfoon ontvangs hier nie.  Die volgende oggend ry ons na Sutherland ( 70 km) waar ons brekie eet en dan met Oubergpas af na Ceres se kant... 
Petrol kan gekry word by Middelpos en Sutherland.  Die dop en tjop moet jy saambring.....  Hierdie is 'n rustige ry met baie stoppe (sonder dagga) om die natuurskoon te geniet...en te geniet wat jy doen.
:bueller:
Ons ry vanaf Durbanville ongeveer 06h00 die oggend...hoekom ?...want ons wil.  Ons stop by Ceres Spar oorkant Shell garage waar ons dan verder gaan...Kontak my gerus as jy belangstel om saam te ry Sel 083 441 9141 Martin 
 
Top