Klein dorpie en agterpaaie trip SA

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Man from Nam

Race Dog
Joined
May 7, 2013
Messages
769
Reaction score
1
Location
Windhoek
Bike
Yamaha Super Tenere
Hi Honne
Ons het laas jaar baie planne gehad om Malawi meer toe te ry gedurende die jaar, maar as gevolg van omstandighede het dit nie uit gewerk nie. Omdat ons niks vir Desember beplan het nie het ons oor 'n braai met ons beste vriende besluit o weer so klein dorpie en agterpaaie trip SA toe te doen.
Ons reisplan is as volg: Vetrek 12 Desember
Windhoek na Keetmans
Dan Vioolsdrif
Lambertsbaai
Veldrif
Robertson
Stanford, Greyton, Napier en Augulas
Barrydale - wil weer dele van R62 doen
Sutherland en Matjiesfontein
Outshoorn en Prince Albert
Steyterville Uniondale
Nieu Betesthda , Aberdeen en Graaf Reinet
Betulie en Gariepdam gedeeltes
Fouriesburg, Clarens,
Philipolis
Orania
Ons het nog nie besluit verder as Orania nie, maar sal seker dan ons pad terugwerk deur die noordkaap.

Omdat ons die vorige keer 'n groter groep was en baie verder gery het kon ons nie te veel "explore" nie, daarom is ons die keer net twee fietse met ons pillions en gaan biae korter afstande ry. Ek het al heelwat ge google oor besienswaardighede by van die plekke, maar as julle weet van iets wat die moeite werd is om te sien laat weet asb.
Wil ook nie weer geskel word as ek oor paar van die honde se voorstoepe ry sonder om te groet nie, so as ek by van julle verby ry PM my dan kan ons darem hallo se so in die verby gaan.

 
Top