Kom eet by Eerstehoop

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rooipoot

Pack Dog
Joined
Jul 10, 2007
Messages
149
Reaction score
0
Location
Villiersdorp
Bike
Kawasaki KLE 500
Ons lot in Eerstehoop het so 'n lekker bymekaarkom en 'n lekker bord boerekos Saterdag 17 September by die Eerstehoop saal. Daar's 'n wyntjie, en nagereg daarby. (Jaa, en koffie ook)
Daars net nie 'n BAAR nie!

Waar?    Aan die bo-kant van die Van der Stelpas, by -34.095734, 19.197932.

Prys?      R80.00 per volwassene

Etenstyd?  Vanaf 12.00 tot 13.00

Insameling is vir die NG kerk se fondse. Daar's ook vooraf vleis en wors en groente te koop.

Hoe kom jy daar? 

Van Botrivier af op in die pas, die plek is teen die pad regs.

Van Grabouw af:    Ry na Villiersdorp, draai regs met die eerste pad na  Botrivier/van der Stelpas, en hou reguit aan, die plek is links teen die pad.

Vanaf Franschhoek:  Oor die pas na Villierdorp, regs by die groot brug, dadelik links na die brug, ry grondpad so 2-3 km, draai regs eerste afdraai by bloekombome, weer links na so 5 km, dan reguit aan, die plek is links teen die pad.

Of stel maar jou GPS op die verwysing heelbo, dit sal jou daar bring.

Kyk gerus op Google, op die Satellietfoto sien jy die die karre by die saaltjie van 'n vorige keer!

Ek sal ook daar wees.

Cheers
 
Top