Kuboes pad / Annisrivier

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kabous GS

Pack Dog
Joined
Jan 29, 2013
Messages
62
Reaction score
0
Bike
KTM 990 Adventure
Advies nodig

Ons gaan in Augustus die suide van Namibia doen ek wil by Steinkopf Wes draai en deur Eksteensfontein na Sendelingsdrif ry waar ons oor die rivier gaan. Vanaf Kuboes loop die Annisrivier Noord en sluit later aan by die pad langs die Oranje rivier.

Op Google earth lyk dit of daar n twee spoor pad al langs die rivier op loop. Het iemand dit al gery, mag ons daar ry en is dit geskik vir DS bikes ?

Hoor graag van die ouens wat daai area ken.

 
Top