Naude's Neck

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Steady Eddie

Pack Dog
Joined
Jan 13, 2009
Messages
67
Reaction score
0
Location
KemptonPark
Bike
BMW R1200GS Adventure
Middag al die mense,

Ek wil net n klip in die bos gooi, ek lees elke dag op die forum van almal wat Baviaans doen en die Hel gaan doen en glo my ek wil dit ook graag doen en ons is n paar manne wat dit gaan doen van  die 14 Januarie 2011 af.Ek sal net voor dit graag wil weet wie onlangs daar was om uit te vind van die weer , water ens. Maar om terug te kom na my oorspronklike storie,dit klink nie of daar baie van die honne is wat die Oos-Kaap gaan ry nie of is ek verkeerd???

Ek en n paar vriende was in September 2010 daar en dit was puik gewees,grondpaaie gery van Harrismith af  met n paar teer paaie tussenin tot by Himeville oor die Lower Loteni pas en van daar tot Matatiele , Mount fletcher met draaie wat jy lekker kan speel ( Teer ) tot in Maclear en dan van daar oor Naudes nek tot in Rhodes en dan Tiffendale ski-oord  en Lundeans nek tot in Lesotho en deur Lesotho damme toe , Ramabantha Oxbo ens.

Die van julle wat nog nie daar gery het nie moet gerus plan maak om n bietjie daar uit te kom

Sal nice wees om te lees van enige honne wat al daar gery het
 
Top