"Nie lekker in die kop" trip na Onseepkans

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Herrmann

Pack Dog
Joined
Jul 12, 2009
Messages
408
Reaction score
0
Location
Mosselbay
Bike
Kawasaki KLR 650
Ek het die trip so genoem, want dit is seker die reaksie wat ek gaan kry ;D. Ek vertrek 26 Des vanaf Mosselbaai na Gannaga Pas; 27ste na Calvinia, Pofadder, Onseepkans en Augrabies; 28ste na Verneukpan en Van Wyksvlei; 29ste na Canarvon, Loxton, Beaufort Wes en Merweville; 30ste na Prins Albert, Swartbergpas, Montagupas en Mosselbaai.
My vrou sou saam met my gegaan het, maar lyk my die Rottweiler teef gaan daai tyd kleintjies he. So nou gaan ek maar alleen. As iemand wil saamry, baie welkom. Of iewers aanhaak, ook welkom.
Ek het nerens plek bespreek nie, dis seker nie nodig in daai warm gedeeltes nie? Op die manier kan ek ook kyk waar ek uitkom en dan maar besluit. Ek vat my tent saam, so ek kan maar iewers langs die pad ook oorslaap as dit moet. Enige advies oor goeie kampeer plekke of goedkoop verblyf op my roete langs sal baie waardeer word (Hou net ingedagte ek is 'n KLR ryer) :imaposer:.
Ek weet dit is nie die beste tyd van die jaar vir so 'n trip nie, maar dis al wanneer ek verlof kry. So laat waai maar met kommentaar en advies.
 
Top