Roete: Swakop na Gauteng via Kang

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Feb 27, 2012
Messages
403
Reaction score
152
Location
Centurion, Pretoria
Bike
KTM 1290 Adventure R
Dagse, kan iemand my dalk aub help met 'n voorgestelde roete van Swakop terug na Gauteng, via Kang in Botswana. Dis vir die terugkomslag van die Desert Run oor 'n paar weke. Ek en Wicked Weasel gaan heelpad op ons 990's ry, geen back-up met sleepwa nie, so dit gaan 'n langpad terug wees en ek soek die kortste pad.

Spesifiek vra ek voorstelle oor waar om te oornag - die reguitste vinnigste roete lyk vir my is via Kang in Botswana en hy lyk na so 1,600 km, so ek weet nie wat julle ouens dink nie, kan daai in 2 dae gedoen word, of moet ons hom eerder oor 3 dae doen? Waar moet ons dan oorslaap as ons dit oor 2 of 3 dae doen?

Enige voorstelle sal baie waardeer word!
 
Top