Suid-Kaap 22 passe 24Apr-1Mei

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ExploreSA

Race Dog
Joined
Jun 4, 2013
Messages
673
Reaction score
4
Location
Bapsfontein
Bike
BMW R1200GS Adventure
Wie is lus om saam te ry?

Dag1: Via Kimberley tot Vic Wes
Dag2: Tot Riversdale via Laingsburg
Dag3: Sirkelroete
Dag 4: Riversdale na Bonniedale
Dag 5: Bonniedale na Safraanrivier
Dag 6: Na Kruisrivier
Dag 7: Einde van 7-passe
Dag 8: Aberdeen via PrinsAlfredpas
Dag 9: Ore-in-die-nek huistoe

Die kalender wys 10 dae as ons die Vrydag al ry. Dit gee een dag ekstra waar ons hom nodig kry. Vier dae verlof om 10 dae weg te wees.
Die gedagte is om meestal te kamp. Ons bakkie en fietssleepwa ry saam en daar sal plek wees vir jul tente en matrasse, wel tot ‘n beperkte mate. Moontlik kan ons nog ‘n paar 4x4-vriende oorhaal om saam te ry.

Die passe is nie ekstreem nie behalwe op een plekkie waar ons mekaar kan help. Ek glo wel hierdie is ‘n rit wat nie te versmaai is nie en ons sal dit baie graag saam ons pelle wil doen.

Wat kostes betref dra elkeen sy eie. Ons sal beslis in gastehuise slaap by Vic Wes en Aberdeen. Tussen-in is ons meestal op gasteplase waar ek glo ook akkommodasie is en sal ons soos dit julle behoefte is navorsing doen. Ons moet wel vir sommige aande beslis kamp.
 
Top