Woema Lesotho Ride 1 May

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Mar 2, 2009
Messages
43
Reaction score
0
Bike
Yamaha XT 660 Z
WOEMA – Lesotho pret (Menyameng)

Die van julle wat die laaste episode van Woema gesien het sal weet hoeveel pret ons in Lesotho gehad het. Na verskeie navrae het ons besluit om dieselfde trip weer te doen en almal wat wil uit te nooi om saam te gaan. Dit is pret en plesier soos jy lanklaas in jou lewe beleef het. Jy gaan jou grense toets en dit sonder om jouself en jou bike te breek. Lekker!!

Ons maak soos volg. Ons kry mekaar almal Vrydag middag 1 Mei  om 15:00 by Hochland Motorad in Bethlehem. Ons sal 'n groep van JHB af vergesel en so 10:00 vanaf die Total Garage op die N3 tussen JHB en Heidelberg vertrek. (rigting Heidelberg). Roete gaan oor Villiers, Tweeling en dan na Bethlehem. Ons kry 'n groep ryers in Bethlehem en vertrek dan na Clocolan. Vanaf Ficksburg doen ons grondpad Clocolan toe het om in die gees te kom. Ryers van Bloemfontein se kant af kan ons in Clocolan kry by Die Plaashuis Gastehuis.

Vrydagaand slaap ons in Clocolan by Die Plaashuis en Pieterdal Wildsplaas. Aandete is by Die Plaashuis en 'n kontant kroeg is beskikbaar.

Saterdag oggend 9:00 gaan ons deur die Peka grenspos Lesotho binne en ry dan na Mapoteng en verder tot waar die teerpad ophou. Van daar af is dit net grond al dieper die berge in tot by Menyameng. Die van julle wat die heel nuutste weergawe van Tracks4Africa het, sal hom daar sien. Ons het hom in die laaste episode van Woema gemap. Middagete is 'n tradisionele Basoho ete in die berge. So 14:00 vat ons die pad terug Clocolan toe. Ons gaan die keer by Ficksburg. Peka sluit al om 16:00. Dan is dit 'n regte Vrystaatse braai by Die Plaashuis.

Sondag oggend doen ons 'n vroee breakfast run. Die roete is "dirt highways" om Clocolan en ons kan hom van 200km tot 40km maak na gelang van hoe die groep voel. Julle behoort redelik moeg te wees. Dan is daar 'n Sondagoggend bruch by Die Plaashuis voor almal huiswaarts keer.

Clocolan is so 400km van JHB af, 120 van Bethlehem af, 160 van Bloemfontein af, 200 van Welkom af en 500 van Durban af. Ons doen so 200km in Lesotho en dit gaan ons die heel dag besighou. Ons het met die Woema shoot van beginners to gevorderde ryers daar gehad en almal het dit geniet. Daar is iets vir almal.

Daar is twee opsies vir kostes:
R2000 vir albei nagte in Die Plaashuis. Die Plaashuis is 'n 5 ster gastehuis. Daar is 6 kamers waarvan twee enkelbeddens het, so hulle kan 8 mense hanteer. Vir persone wat deel sal die koste R1300 per persoon wees. Alle etes is by die prys ingesluit.
R1750 vir albei nagte by Pieterdal Wildsplaas. Die sluit ook alle etes in by Die Plaashuis.
Drank, road tax in Lesotho en petrol is vir jou eie rekening.

Daar is 'n backup voertuig en 'n mediese ordonans wat saamgaan Lesotho toe, so ons sal mooi na julle veiligheid kyk. Theunis Nel en Coetzee Zietsman sal die groep vergesel. So kom kuier lekker saam met ons.

Hierdie trip is nie net vir die manne nie. Ons het al girls saam gehad en hulle het geen probleem met die pad gehad nie.


Ons beoog om ‘n maksimum van 20 mense saam te vat op die trip. So die eerste 20 wat bevestig en hul gelde inbetaal het gaan lekker pret saam ons deurmaak.
Ons sal sorg vir ‘n lekker WOEMA T-shirt om mee te brag.

Items wat ons sal aanbeveel jy bringh saam:

•  GPS
•  Riding gear
•  Water botel
•  Kamera
•  Klere (ingesluit ‘n hoet en warm klere)
•  Toiletries (sonskerm etc.)
•  Spaar sleutels vir jou bike.
•  Lisensie (driver’s licence & motorcycle licence)
•  Paspoort (NB!)


Die wat graag wil saamgaan, gooi vir ons 'n post hier en ek stuur vir jou al die inligting.

Theunis & Coetzee.

 
Top